Girolamo Savonarola

Girolamo Savonarola
Girolamo Savonarola deur Frater Bartolomeo, omstreeks 1498, Museo di San Marco, Florence.
Gebore(1452-09-21)21 September 1452
Ferrara, Hertogdom van Ferrara in die Heilige Romeinse Ryk
Sterf23 Mei 1498 (op 45)
Handtekening

Girolamo Savonarola Italiaans: [dʒiˈrɔːlamo savonaˈrɔːla]; 21 September 145223 Mei 1498) was 'n Italiaanse Dominikaanse frater uit Ferrara. Hy preek tydens die bloeitydperk van die Renaissance in Florence. Hy was bekend om sy profesieë van burgerlike glorie, die vernietiging van sekulêre kuns en kultuur, en sy voorspraak vir, en oproepe om, die hernuwing van Christenskap. Hy verwerp geestelike korrupsie, despotiese heerskappy en die uitbuiting van die armes. Hy het die koms van 'n Bybelse vloed en 'n nuwe Kores voorspel, wat die Kerk sou hervorm.

In September 1494, toe Karel VIII van Frankryk Italië binneval en Florence bedreig, het sy profesieë inderdaad gelyk asof dit vervul kan word. Terwyl Savonarola by die Franse koning ingegryp het, het die Florentyne die regerende Huis van Medici verdryf, en op aandrang van Savonarola 'n "populêre" republiek gestig. Savonarolo het verklaar dat Florence die "Nuwe Jerusalem" sal wees en die wêreldsentrum van die Christendom, en dat dit "ryker, magtiger, en meer glorieryk as ooit tevore sou wees",[1] Hy het met die aktiewe hulp van die Florentynse jeug 'n ekstreme puristiese veldtog van stapel gestuur.

In 1495, toe Florence weier om by Pous Alexander VI se Heilige Liga teen die Franse aan te sluit, het die Vatikaan Savonarola na Rome ontbied. Hy het die oproep geïgnoreer en die pous verder teëgestaan deur onder 'n verbod te preek en sy proses vir hervorming met optogte en vrome teatrale optredes te beklemtoon. As vergelding het die pous hom in Mei 1497 geëkskommunikeer en gedreig om Florence onder 'n interdik te plaas. 'n Godsoordeel ('n Godsoordeel of ordalie is 'n regsprosedure waarmee die wil van God vasgestel word) wat deur 'n mededingende Florentynse prediker in April 1498 voorgestel is om Savonarola se goddelike mandaat te toets het in 'n fiasko ontaard, en gevolglik het die populêre mening teen hom begin draai. Savonarola en twee van sy ondersteuners is gevange geneem. Op 23 Mei 1498 het kerklike en burgerlike owerhede die drie fraters op die hoofplein van Florence veroordeel, opgehang en verbrand.

Savonarola se gevolg, die Piagnoni, het sy oproep om republikeinse vryheid en godsdienshervorming tot in die volgende eeu lewendig gehou, hoewel die Medici - wat in 1512 weer met behulp van die pous aan bewind gekom het - uiteindelik die beweging opgebreek het. Sommige Protestante beskou Savonarola as 'n belangrike voorloper van die Reformasie.

  1. Weinstein, Donald (22 November 2011). Savonarola The Rise and Fall of a Renaissance Prophet. p. 122. doi:10.1177/0265691417711663at. ISBN 9780300111934. {{cite book}}: |journal= ignored (hulp)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search